Local newsNews

Warm beertjies maak harte warm

Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak reik altyd uit na ander. Gister was hul by Huis Siësta se Geheueversorgingseenheid.

VANDERBIJLPARK – Die inwoners van Huis Siësta se Geheueversorgingseenheid  se Vrydag was spesiaal. ʼn Span van Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak het by die sentrum besoek afgelê.

Knus onder ‘n nuwe kniekombers met ‘n nuwe beertjie. Foto: verskaf Johann Viljoen

Hulle het nie met leë hande opgedaag nie. Elke inwoner het ʼn handgebreide beertjie en kniekombers ontvang.  

Huis Siësta se nuwe eenheid is nou vyf maande in gebruik en bied ʼn veilige en gerieflike hawe vir pasiënte met onder andere demensie en Alzheimer’s se siekte.

Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak is bekend daarvoor dat hul ‘n passie het om ‘n verskil te maak in bejaardes se lewens en geniet dit om tyd saam met die inwoners te spandeer.

Die beertjies en komberse is deur die Vlytige Vriendinne gebrei en geskenk. Foto: verskaf Johann Viljoen

Die span het nog vele projekte in die pyplyn vir die res van die jaar. Die grootste hiervan is sekerlik hul Kersrit wat hul beplan vir die aande van 11 en 12 Desember.

Hul het die projek onlangs op hul Facebook blad aangekondig. Indien jy belangstel om deel te wees van die konvooi of op ‘n ander manier betrokke te wees, sluit asseblief aan by die “Kersrit 2026 deur Helpende Hand Vanderbijlpark” WhatsApp groep by hierdie skakel. https://chat.whatsapp.com/HzaKbPhTaJV2jQvQeHS4RE

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button