News
Veldbrand lei tot groot skade in SE 4
Die brand het glo in 'n nabygeleë veld ontstaan, waarna dit vinnig buite beheer raak het.
VANDERBIJLPARK – Verskeie inwoners van wooneenhede in Komatiestraat, SE 4, het Saterdag groot skade gely toe ‘n verwoestende brand uitgebreek het.
‘n Veldbrand, wat deur sterk wind aangejaag is, het ongelukkig na die eiendomme versprei.
Sover vasgestel kon word, is drie lapas van die Villa Delatero-kompleks in die proses vernietig.
Wonder bo wonder is niemand in die voorval beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
