VANDERBIJLPARK – Krieket is groot by die Laerskool Kollegepark. Nege van hul krieketspelers is gekies vir provinsiale kriektspanne.
Jan-Hendrik Kloppers, Collin Herman, en Kyle-Dehan van Staden is gekies vir die Sedibeng Uitnodigingsspan.
Zaiden Barkley gaan vir die o11-Sedibengspan speel, terwyl Kyle Jacobs sy staal gaan wys in die o11South Area Invitational span.
Markus van den Berg is deel van die o12 Sedibengspan. Johanru Fourie en Russel Langa is gekies vir die o13 Sedibengspan.
Danelle Dreyer hou Kollegepark se naam hoog in die o13 Johannesburg South span.
Kollegepark het op hul Facebookblad gesê: “Julle harde werk, toewyding en talent het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en wens julle alle sterkte toe. Speel met trots en geniet elke oomblik!”
