News

2026 Bruide genooi om deel te neem

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel. Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.

Hier is van die nuutste inskrywings.

James en Suné Mollentzé van Vereeniging is op 14 Maart getroud.
Caroline en Jason Jordaan van Meyerton is op 20 Maart getroud.
Dirk en Liané Swart van Meyerton is op 20 Junie getroud.
Carina en Jacques Perkins van Vaal Marina is op 14 Februarie getroud.
Reinhard en Sunelle Vermeulen van Vanderbijlpark is op 1 Mei getroud.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button