Local newsNews

Leomand (12) leer en presteer by wêreld gholfkampioenskap

Leomand Jacobs se ondersteuners is trots op hom. Hy het hierdie jaar nog beter gevaar as verlede jaar by die US Kids World Championship.

VANDERBIJLPARK – Leomand Jacbs het oor die naweek aan die US Kids World Championship 2026 in Pinehurst, California deelgeneem.

Dit was sy tweedejaar by die gesogte toernooi. Alhoewel hy nie ʼn medalje verower het nie, is hy steeds trots op hoe hy gevaar het.

Leomand het die Parade of Nations waaraan 50+ lande deelgeneem het baie geniet. Foto: Armand Jacobs/Facebook

Verlede jaar het hy 75ste met ʼn baansyfer van +14 geëindig en hierdie jaar het hy die 38ste plek uit 159 spelers met ʼn baansyfer van +4 gedeel. ʼn Merkwaardige verbetering.

Leomand sê sy ondervinding-meter loop oor en dat ʼn voorreg was om teen van die beste juniors  in die wêreld te speel.

“Ek het weer eens besef dit gaan oor meer as net die telbord. Die lesse, herinneringe, vriendskappe en ondervinding, gaan baie langer hou as wat enige trofee kan.”

Hy sal die toernooi in Pinehurst weer aandurf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button