News

DA soek antwoorde oor Emfuleni-beurse

Die DA beweer munisipale studiebeurse is moontlik op grond van politieke bande toegeken en eis nou toegang tot die rekords.

VANDERBIJLPARK – Die DA sê hy het ‘n formele aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) ingedien om rekords te bekom van die 65 leerders wat oor die afgelope drie boekjare munisipale studiebeurse ontvang het.

Volgens die DA se burgemeesterskandidaat vir Emfuleni, Kingsol Chabalala, bestaan daar vermoedens dat die beurse aan mense met politieke bande toegeken is.

Chabalala sê die party het ook navraag gedoen of enige van die begunstigdes familie is van munisipale amptenare of raadslede.

Indien wel, wil die DA hê dat die name van dié persone en die aard van die verwantskappe bekend gemaak moet word.

Volgens hom het die munisipaliteit nie binne die voorgeskrewe 30 dae op die PAIA-versoek gereageer nie.

Die DA het gevolglik ‘n interne appèl aangeteken weens die beweerde versuim om op die versoek te reageer.

“Hierdie gebrek aan reaksie deur ‘n staatsinstelling is onaanvaarbaar en toon ‘n gebrek aan aanspreeklikheid. Indien daar niks is om weg te steek nie, behoort die munisipaliteit die rekords sonder verdere vertraging beskikbaar te stel,” sê Chabalala.

Hy het inwoners ook aangemoedig om vir die plaaslike verkiesing van 4 November te registreer en gesê kiesers het slegs drie dae oor om dit te doen.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het nog nie amptelik op die bewering gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button