Local newsNews

Daar is lekker gekuier by die Wilde Weste-basaar

NG Moedergemeente weet hoe om basaar te hou. Hierdie jaar s'n was weer 'n treffer.

VANDERBIJLPARK – Die NG Moedergemeente het Saterdag hul Wilde Weste-basaar gehou. Vrydag is die tente al opgeslaan en het die Wilde Weste-tema in die saal vorm aangeneem.

Saterdagoggend was van die mense reeds 02:00 daar om kerrie en rys te maak. Teen die tyd wat die basaar amptelik deur Ds. Louis Ries geopen is, was die parkeerarea vol en het die besoekers tou gestaan om kaartjies te koop.

Alet Jacobs, Sunet Brand, Piet van Wyk, Arno Pieterse, Walter en Waldo Du Plessis. Foto: Annèl Photography

Daar was iets van alles, van kerrie en rys, lekkergoed en regte basaarpoedings tot by braaivleis. Koffie en tee was gratis en al gou het mense heerlik gekuier.

Ds. Ries sê: “Vroeë oggende se harde werk, potte wat prut, vure wat brand, die reuk van vars pannekoek in die lug en glimlagte van lidmate wat onverpoos werk om die Vaaldriehoek te bedien.

Lang ry om kaartjies vir die basaar te kry. Foto: Annèl Photography

“Dit is alles kenmerke van NG Vanderbijlpark Moedergemeente se bekende basaar, wat jaarliks op die eerste naweek van Augustus plaasvind.

“Moedergemeente is bekend vir die uitstekende kwaliteit van sy produkte, die hartlike gasvryheid, die besonderse atmosfeer en die liefde waarmee elke besoeker ontvang word.

Die braaiers: Robert Jonker, Chris Whiteman, Pedru du Toit, Frikkie Khul, Daniel Courtney, Fred de Wet en Oom Jan. Foto: Annèl Photography

“Vanjaar was geen uitsondering nie. Dit was ‘n voorreg om deel daarvan te wees en eerstehands te sien hoe ‘n gemeente saamwerk.

Oral was dit duidelik dat hierdie dag slegs deur die genade van die Here moontlik gemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button