Local newsNews

Yorkie Hugo voel elke dag bietjie beter

Die groot mondoperasie is verby, nou lê die pad na herstel voor vir Vaalpets Rescue Centre se Yorkie Hugo.

VANDERBIJLPARK – Dit was ʼn groot en seer operasie. Verlede week het Vaalweekblad berig oor die 8-jarige Yorkie Hugo by Vaalpets Rescue Centre wat ʼn epulis, ʼn groot vergroeisel, tussen sy voortande ontwikkel het.

Dit het baie pyn en ongemak veroorsaak. Die goeie nuus is dat Hugo vier dae gelede vir die operasie kon gaan. Nie net is van sy tande getrek nie, die vergroeisel is verwyder en hy het rekonstruksie van sy tandvleis ondergaan.

Die dapper hondjie herstel goed.

Die slegte nuus is die mediese rekening. Dit beloop al oor die R18 000 en al die rekeninge is nog nie ontvang nie.

Laasweek het mense op Vaalpets se versoek vir donasies gereageer en R3 900 is ingesamel. Nog donasies word dringend benodig, maak nie saak hoe klein of groot die bedrag is nie.

Besoek Vaalpets Rescue Centre se Facebookblad vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button