Local newsNews

Driehoek se wetenskaplikes blink uit

Hierdie jong wetenskaplikes gaan nog diep spore trap.

VANDERBIJLPARK – Inamari van Dyk en Zoey Potgieter, albei graad 8-leerlinge aan die Hoërskool Driehoek het onlangs aan die Eskom EXPO vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem.

Die EXPO is by die Universiteit van Johannesburg gehou en daar was 207 projekte. Zoey het ‘n goue medalje verwerf vir haar projek Updraught generator.

Dit het haar ook die toekenning besorg vir die beste ingenieursprojek. Zoey het in graad sewe vir die eerste keer aan die EXPO deelgeneem.

Sy is ‘n voormalige leerling van Laerskool Eligwa en wil graag eendag ‘n forensiese antropoloog word.

Inamari het ook goud verwerf vir haar projek, Reusing the waste heat in hybrid vehicles. Haar eerste EXPO was verlede jaar toe sy in Laerskool D.F. Malherbe was. Sy beoog om eendag ‘n chemiese ingenieur te word, waar sy wil spesialiseer in navorsing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button