Local newsNews

Wow! Dit was ‘n wow-vertoning

The Staccatos het die gehoor op hul voete gehad na hul vertoning by die Etienne Rousseau Teater.

SASOLBURG – Die Etienne Rousseau Teater was Sondagmiddag in rep en roer. Nog voor The Staccatos hul verskyning op die verhoog gemaak het, het die toejuiging al begin.

Die gehoor het meestal uit mense ouer as 50 bestaan. Vir amper twee ure het ieder en elk weer in Rockers ontaard. Daar is saamgedans, hande geklap en gesing.

Steve Ashley en Brian Le Gassick weet hoe om die gehoor te verplaas na ‘n ander era waar rock and roll nog baas was.

Shirley Labuschagne maak nader kennis met The Staccatos. Foto: Gerda Bruinette

The Staccatos bestaan nie verniet al 65 jaar nie. Musiek van Roy Orbison, The Beatles, CCR, Neil Diamond en Elvis Presley is meesterlik vertolk. Die twee manne kan nie net sing nie, hulle het kort-kort die hele gehoor aan die lag gehad.

Ekstra spesiaal was natuurlik hul eie treffers wat hul gesing het. Van hul heel eerste treffer, Come Back Silly Girl tot by Butchers en Bakers het opgeklink.

Ina en Nicol Kriel van Sasolburg saam met Steve Ashley en Brian Le Gassick. Foto: Gerda Bruinette

Hul grootste treffer ooit, Cry to me, het hul vir laaste gebêre. Die lied het in 1969 die Springbok Radio Hit Parade getref en vir 38 weke die trefferparade oorheers.

Steve Ashley en Brian Le Gassick saam met een van hul grootste aanhangers Kobie Gloy. Foto: Gerda Bruinette

Uiteindelik het hul vier Gold Discs gekry nadat meer as 400 000 plate in Suid-Afrika verkoop is. Cry to me het ook trefferparades in Duitsland en die Verenigde Koninkryk gehaal en word tot vandag toe deur radiostasies gespeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button