News

Besondere naweek vir Vaal-rugby

Dit was die afgelope naweek 'n buitengewone goeie naweek vir vier rugbyklubs van die Vaal (Vereeniging, Meyerton Knights, Sasolburg Cobras en NWU).

VANDERBIJLPARK – Drie van die plaaslike spanne het deurgedring tot die halfeindstryd van die Valke Merlinliga (NWU, Meyerton Knights en Sasolburg Cobras), terwyl Vereeniging-rygbyklub tot die finaal van die Valke Peregrineliga deurgedring het.

Valke Pergrineliga

VRK se eerste rugbyspan het Saterdag op sy tuisveld met Springs in die halfeindronde van die Valke Peregrine kragte gemeet. VRK het oortuigend met 45-10 gewen om sy plek in die eindstryd bespreek.

Die eindstryd van die Valke Pergrineliga vind op 15 Augustus teen Brakpan, op laasgenoemde se veld plaas.

Valke Merlinliga

NWU het sy plek bespreek deur Heidelberg met 26-22 te klop.

In die kragmeting tussen die Cobras en die Kinghts op laasgenoemde se tuiseveld, het die Knights met 39-20 geseëvier.

Die Knights kom dus op 15 Augustus in sy halfeindstryd teen die span van Heidelberg in Heidelberg te staan.

Die Knights se tweedes het ‘n uitstekende seisoen beleef. Die span het Saterdag met 36-9 met hul Cobra-teenstanders afgereken.

Die span kom op 22 Augustus in die finaal teen NWU by die Barnard-stadion te staan.

Die Sasolburg Cobras se eerstespan moes dalk die knie buig teen die Meyerton Knights, maar het steeds deurgedring tot die halfeindstryd van die Valke Merlinliga.

Die Cobras pak NWU op 15 Augustus by NWU.

Spring 7s Rugby Festival

Die Sasolburg-rugbyklub se Spring 7s Rugby Festival vind op 12 September plaas. Meer inligting is beskikbaar op die klub se Facebookblad.

Besighede en individue wat by die dag betrokke wil raak, is welkom om die klub te kontak. Borgskappe word steeds gesoek, en daar is ook nog stalletjies beskikbaar vir uitstallers.

Gholfdag

Verder word dié klub se jaarlikse hholfdag op 20 November by Heron Banks aangebied.

Meer besonderhede oor dié geleentheid sal binnekort bekend gemaak word.

Aksie tydens die tweedespan wedstryd tussen die Cobras en die Knights. Bassiey Mzililazi van die Cobras word platgetrek.
Foto’s: Elsje Vermeulen
VRK se Felix Thoma word deur ‘n Springs-speler om die enkels gevat.
Joy Ramantsi van die Cobras se tweedespan word deur die Knights se Gerhard (Clever) van der Watt en André Chakhane vasgevat.
Brandon Heyneke (9) van die Meyerton Knights se tweedespan gaan kuier agter die Cobras se doellyn.
By dié rooi, wit en groen muur gaan jy nie verbykom nie! Aksie in die eerstespan wedstryd tussen VRK en Springs.
Dit was ‘n harde wedstryd en en die stof het gestaan soos die manne mekaar getackle het. Hier word VRK se Martin du Plessis vasgevat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button