News

Jennifer (5) steeds in baie pyn, en steeds in Sebokeng-hospitaal

Klein Jennifer (5) is nou reeds meer as 13 weke in die Sebokeng-hospitaal nadat sy in 'n emmer kookwater ernstige brandwonde opgedoen het.

VEREENIGING – “Hoe begin ‘n mens praat wanneer jou hart so te sê sil gaan staan as hulle haar wonde skoonmaak. Haar gesiggie word bleek, haar handjies yskoud en dis ‘n gehuil en geskree van die pyn,” sê Jenny Stander, klein Jennifer se ouma.

“Selfs wanneer hulle nuwe verbande opsit skree sy: help my ouma dit is seer.”

Klein Jennifer se liggaampie het tydens die laaste skoonmaak van die wonde in skok gegaan, en sy het gebraak van die pyn.

Daar word tans probeer om haar na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal oor te plaas, maar elke keer as hulle daar met haar opdaag, word sy terug gestuur omdat haar gewig nie reg is nie en sy ook nie sterk genoeg is vir nog ‘n oprasie nie.

“Ek vra almal vir hulp. My hart breek en die trane loop, want wat meer kan ‘n mens doen om seker te maak haar ouma het petrolgeld om elke dag by haar te wees,” sê Helena Lombaard (‘n vriendin van ouma Jenny).

Jennifer wil bitter graag net huis toe gaan, maar daar lê nog ‘n lang pad na herstel, en baie pyn vir die kleinding voor.

Agtergrond

Die kleuter het by haar ouerhuis op die Mooilande-kleinhoewes tussen Vereeniging en Meyerton oor iets gestruikel en agteruit in ’n 25l emmer kookwater geval.

Sy het derdegraadse brandwonde aan haar maag, rug, bo- en binnebene, boude en privaatdele opgedoen.

Daar is aanvanklik vir haar lewe gevrees toe haar liggaampie weens ’n ernstige infeksie in skok gegaan het. Dokters het reguit gesê dat slegs ’n wonderwerk en gebede haar sou deursien.

Hoewel Jennifer aanvanklik begin herstel het, is sy tans in konstante pyn – selfs wanneer sy verdoof word tydens die skoonmaakproses.

Sy sal na verwagting nog minstens drie operasies moet ondergaan vir veloorplantings en die verwydering van dooie weefsel.

Indien enigeen die gesin finansieel kan bystaan om met Jennifer se mediese onkostes te help, kan Helena Lombaard (wat namens die gesin optree) gekontak word by 071 932 3933.

Skenkings kan ook direk op BackaBuddy gemaak word:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-jennefer-continue-her-fight

Die vyfjarige Jennifer is nou meer as 13 weke in die Sebokeng-hospitaal nadat sy ernstige brandwonde opgedoen het toe sy in ‘n emmer kookwater geval het. Foto’s: Verskaf
Daar is reeds probeer om Jennifer na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal oor te plaas, maar sy moes terug Sebokeng toe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button