News

Vandag in die geskiedenis: Vroue kom in opstand oor paswette

Vandag is Nasionale Vrouedag.

Duisende vroue het op hierdie dag – 9 Augustus – in 1956 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om teen die apartheidsregering se paswette te protesteer.

Die historiese optog is deur Lilian Ngoyi, Helen Joseph, Rahima Moosa en Sophie Williams gelei. Sowat 20 000 vroue het aan die optog deelgeneem en ’n petisie met meer as 100 000 handtekeninge oorhandig.

Die dag herdenk steeds vroue se rol in die stryd teen apartheid en vir gelykheid in Suid-Afrika.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button