Local newsNews

Eureka sportdag weer ‘n treffer

Die deelnemers het van so ver as Bloemfontein, Welkom en Brakpan gereis vir Eureka Skool se jaarlikse Spesiale Sportdag.

VEREENIGING – Dit is elke jaar ʼn hoogtepunt op menige se kalender, die Eureka Skool se Sportdag. 28 Augustus was dit weer so. Die personeel van Eureka beplan maande om hierdie dag elke jaar te reël en hul het hulself weer eens oortref.

Dis lekker om aan die rolstielresies deel te neem, al moet juffrou keer dat sy nie uitval nie. Foto: Gerda Bruinette

By die 500 kinders van 16 skole en sentrums vir persone met verstandelike gestremdhede het die byeenkoms bygewoon.

Studende, dosente en mascot Eagie van die NWU Vanderbijlpark kampus het kom hand bysit, terwyl leerders van die Vaalpark High School ook ondersteuning kom bied het.

Groot vreugde in aksie. Trinity (regs) is ‘n oud-leerder van Eureka en sy het dit geniet om weer terug by die skool te wees. Sy is nou in Kredo. Foto: Gerda Bruinette

Die items is van so aard dat soveel as moontlik kinders kan deelneem, selfs die wat nie kan loop nie of wie se bewegings baie beperk is.

Die dag is afgeskop met die kruipresies waar twee kinders op ʼn slag teen mekaar gekruip het. Die kleingoed het dit baie geniet, maar ʼn hele paar van die omstanders het trane afgevee.

By hierdie sportdag geniet die deelnemers elke item en almal is wenners. Foto: Gerda Bruinette

Dis opgevolg met rolstoelresies, naellope, balskop, doelgooi en balslaan-aksies op die veld.Elke deelnemer het ʼn medalje ontvang en almal is onder luide toejuiging aangemoedig.

Een van Vaalpark High School se leerders maak een van Lewenslig se inwoners touwys om die bal te slaan terwyl die ander LIggies toekyk. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button