Emma de Clercq (links) en Lerieke Grobler (albei van LS Kollegepark) het die eerste en tweede plekke behaal in die dogters 12 jaar-wedloop. Foto: Elsje Vermeulen
VANDERBIJLPARK – Die Sedibeng-Wes Landloop-kampioenskap het die afgelope Saterdag vir groot opwinding by Emerald Resort & Casino gesorg.
Atlete van 7 tot 19 jaar het in hul onderskeie ouderdomsgroepe kragte gemeet.
Die jongste deelnemers moes ‘n afstand van 1 km aflê, waarna die afstande vir die ouer ouderdomsgroepe stelselmatig toegeneem het.
Die 19-jarige dogters het oor 6 km kragte gemeet, terwyl die seuns in dieselfde ouderdomsgroep ‘n afstand van 8 km moes aandurf.
Seuns 12 jaar wag geduldig vir die aanbreek van hul wedloop oor 3 km.Foto’s: Elsje Vermeulen
Die jonger atlete wat reeds hul wedlope voltooi het, het langs die baan ontspan en die ouer atlete se wedlope dopgehou.
Die wenner van die dogters 12 jaar-wedloop, Emma de Clercq van LS Kollegepark, op pad na die eindstreep.
’n Baanbeampte maak seker die seuns staan gereed agter die lyn voordat die wedloop afskop.
Aksie tydens die seuns 12 jaar-wedloop.
Dit lyk asof dié twee atlete voor hul wedloop geen plek vir negatiewe gedagtes of praatjies het nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za