Local newsNews

Twee dansvertonings die naweek by die ERT

Ballet en ander diensliefhebbers, hierdie naweek is ʼn dansfees by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.

SASOLBURG – Twee van die Vaal se dansstudios bring hierdie naweek hul jaarlikse produksies na die ERT. Maak gereed vir twee uiteenlopende produksies waar kleur, styl, klassieke en polsende ritmes die gehore gaan wegvoer.

Curtain Call – On Pointe Ballet Studio

Foto: ERT/Facebook

Die eerste dansvertoning is Vrydagaand om 18:30. Curtain Call word aangebied deur die On Pointe Ballet Studio. Hierdie studio is bekend vir hul uitstekende dansers en produksies.

Kom deel gerus in die grasie van die talentvolle dansers. Kaartjies is beskikbaar by Kunstedraai, Offenbachstraat 25 in Vanderbijlpark of skakel  079 500 1584.

Allure – Georgina’s Dance Studio

Foto: ERT/Facebook

Saterdagmiddag gaan Georgina’s Dance Studio hul Allure na die ERT-verhoog bring, met kitaarspel deur klassieke kitaarspeler Vincent van Schalkwyk.

Georgina Jacobs sê: “Allure explores the visceral, magnetic pull that draws energy from the earth and its roots. Blending Ballet, Spanish, Contemporary and African dance, this beautiful production brings together different layers of movement, intertwined like subterranean roots and connected by an invisible gravity. 🌱✨

Kaartjies is beskikbaar by https://www.seatme.co.za/events/allure-mt1g4979

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button