Local newsNews

Mnr. Jerry Fowlds steeds in hospitaal

Jerry Fowlds (69) veg al die afgelope drie jaar teen 'n antiobiotika-weerstandige infeksie en het al meer as die helfte van die jaar in die hospitaal deurgebring.

MEYERTON – Jerry Fowlds, geliefde onderwyser, sterk steeds in die hospitaal aan nadat sy been in Julie geamputeer is.

Sy dogter, Hettie het in die week laat weet dat haar pa steeds teen infeksies baklei. Die dokters besluit nog op watter stappe volgende geneem sal word.

Hettie het dankbaar berig dat haar pa se toestand stabiel is en nie versleg nie. Onlangs het Jerry se kinders, twee van sy kleinkinders en sy twee honde die kans gehad om hom in die hospitaal te besoek.

Besoekers is altyd welkom. Jerry is in Unitas Hospitaal. Saal 2B. Kamer 9. Hettie het almal bedank vir hul volgehoue gebede vir haar pa.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button