News
Waterlek in CW6 maak inwoners gek
Dít is tans weer ’n kopseer vir inwoners van Corstraat in CW6.
Onherstelde waterlekke het ’n rimpeluitwerking op ’n gemeenskap – dit takel nie net infrastruktuur af nie, maar tref ook inwoners se sakke en gesondheid.
’n Groot waterlek is reeds weke gelede opgemerk en aangemeld, maar geniet tot op hede niks aandag van die munisipaliteit.
Die water loop straat af, om dit blok, tot in Goodyearstraat.
Buiten die duisende liters skoon drinkwater wat daagliks verlore gaan, sal die munisipaliteit se finansiële verliese waarskynlik in die langduur die gemeenskap se probleem word deur hoër watertariewe en erfbelasting.
Die inwoners vra dat daar so gou moontlik aandag aan die probleem gegee word.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!