Caitie Rock wys alles is inderdaad moontlik
Die Vaaldriehoek is trots op ons eie Caitie Rock wat by die ontbytSAKE toekennings 'n welverdiende kategoriewenner was.
MEYERTON – Hierdie jaar is Caitie Rock (16) se jaar. Haar sangloopbaan het vlerke gekry en sy samel die een groot toekenning na die ander in.
Gisteraand het sy by die ontbytSAKE toekennings, as die Bitter Lekker Top 3 algehele wenner 2026 weggestap vir haar video, Alles is moontlik. Die lied is geskryf deur Sunette Bridges en die video is deur Leon Barnard vervaardig.
Na die toekennings het Caitie op haar Facebookblad gesê: “Hulle sê altyd mens is sprakeloos as jy ’n toekenning wen, en vanaand verstaan ek presies wat dit beteken. Ek weet werklik nie wat om te sê nie, behalwe BAIE BAIE DANKIE!
“Dankie tannie Sunette Bridges, Rivers & Bridges Music, StarTrax Recording Studio en Leon Barnardt Hierdie trofee is net soveel julle sin as myne! Dankie vir die mooiste trofee ooit ontbytSAKE wat ‘n voorreg! Dankie vir die video oom Andre. Lief julle almal.”
