Local newsNews

Valia SECCIES boul Wit Luiperde aan flarde

Om sewe paaltjies te laat spat en slegs agt lopies af te staan is 'n goeie prestasie.

VANDERBIJLPARK – Vereeniging Gimnasium se Wit Luiperde en Hoërskool Transvalia se SECCIES het mekaar in die week die stryd aangesê op die krieketveld.

Franco Cloete. 7 vir 8 in 4.0. Foto: Valia Krieket/Facebook

Die Wit Luiperde het ongelukkig geen kans gestaan teen Valia se boulaanval nie. Franco Cloete het sewe paaltjies geneem en slegs agt lopies afgestaan.

Hentus Stoop het die ander drie paaltjies laat kantel vir slegs 11 lopies.

Die Valia SECCIES het die verlangde 23 lopies vir ʼn oorwinning in slegs 2.2 boulbeurte geslaan en met 9 paaltjies die wedstryd beklink.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button