Local newsNews

Bonuspunt wen vir Transvalia se o15’s

Die Vaaldriehoek Noordvaal krieketliga is in volle swang en die spanne lewer kookwater krieket. Transvalia se o15's het gekook teen Dokkies.

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Transvalia se o15-krieketspan het gister HS Dr. Malan se o15’s ore aangesit. Hul 9-paaltjie-oorwinning het hul nog ʼn bonuspunt in die Vaaldriehoek Noordvaal Liga besorg.

Dokkies  het die loot  gewen en eerste gaan kolf. Valia se openingsboulers het die kolwers laat klippe kou. JW Herselman het twee paaltjies laat kantel en net 14 lopies afgestaan in 6 boulbeurte. Damaon Kelly-Guddon het vier paaltjies geneem vir 16 lopies in 7 boulbeurte.  

Die Dokkies het 128 lopies aangeteken voordat hul laaste paaltjie in die 27ste boulbeurt gekantel het.

Transvalia se opgeningskolwers het uitstekend gevaar en hul 112-vennootskap van slegs 80 balle het die grondslag gelê vir hul oorwinning. Juan Kellerman het 53* (54) gemoker en James van Vuuren het 50 (33) geslaan.

Die span het die verlangde lopies in slegs 16.3 boulbeurte aangeteken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button