Local newsNews

Transvalia trots op hul Emri Prinsloo van Zyl

Die Universiteit van die Vrystaat se 45ste Matrikulant van die Jaar kompetisie is in volle swang. Die finale ronte vind in Oktober plaas.

VANDERBIJLPARK – Akademi, kultuur, VCSV, debat, redenaars, kunstefees, Emri Prinsloo van Zyl skitter op elke gebied. Geen wonder sy is ʼn fnalis vir vir die Matrikulant van die Jaar-kompetisie nie.

Hoërskool Transvalia het die nuus op hul Facebookblad gedeel. “Die kompetisie is gerig op voornemende studente aan die Universiteit van die Vrystaat wat reeds op skoolvlak uitblink op die gebied van akademie, leierskap, sport en kultuur.

“Ons is ongelooflik trots op jou, Emri! Mag hierdie besondere erkenning die begin wees van nog vele groter hoogtepunte.”

Emri is een van 14 finaliste in die gesogte kompetisie. Die finale rondte vind van 4 – 7 Oktober in Bloemfontein plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button