News

DA betoog teen buite hof Malema

Vlootkontrak en geld wat weg is is, is volgends die DA baie meer.

VANDERBIJLPARK – Kingsol Chabalala, die Demokratiese Alliansie (DA) se burgemeesterskandidaat vir Emfuleni, sal vandag ’n betoging buite die Vanderbijlpark-landdroshof lei teen Mpho Edward Malema en sy mede-beskuldigdes.

Malema staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en diefstal in verband met ’n Emfuleni-munisipale vlootkontrak ter waarde van R16 miljoen.

Die DA sê Emfuleni het die “somber gesig van korrupsie” geword, met dienslewering wat in duie gestort het en munisipale geld wat deur beweerde bedrieglike tenders en bedrog verlore gegaan het.

Chabalala sal die media toespreek oor die party se voortgesette pogings om korrupsie in Emfuleni te bekamp, asook inligting wat volgens die DA daarop dui dat die bedrag wat Malema en sy medewerkers na bewering verduister het, meer as dubbel die bedrag is waarvoor hulle teregstaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button