News

Vaalpark Primêr se hokkiekampioene

Veels geluk aan Vaalpark Primêr se o13-A hokkiespan. Julle is die beste van die beste in die Noord-Vrystaat.

VAALPARK – Die vreugdevure brand hoog by Vaalpark Primêre Skool nadat hul o13A-hokkiespan as die Noord-Vrystaand “Best of Best” kampioene gekroon is.

Dit volg nadat hul tydens die uitspele skitterend gespeel het en Tuida Kestell Skool met 3-0 kafgedraf het en ook hul wedstryd teen Trio Primêr met 3-0 gewen het.

Die hokkiespan het nou hul visier om die North West Schools Hockey Champ of Champs-titel huis toe te bring. Die toernooi vind later vanjaar in Potchefstroom plaas.

Die skool sê:”Hierdie is ‘n onvoorwaarlike goeie prestasie en ‘n teken van hul harde werk gedurende die seisoen! Ons hou jul dop meisies, en ondersteun julle al die pad!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button