Local newsNews

Elizma en Dream het ʼn droomjaar

Elizma du Preez en haar perd, Dream se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë is 'n inspirasie vir alle jong perderuiters.

VEREENIGING – Elizma du Preez en haar perd, Dream is ʼn droom perdespring-kombinasie. Hulle het dié jaar al met vele medaljes weggestap en het onder andere by die Gauteng Showjumping Championships 2026 en die SA Youth Champs presteer.

Begin Augustus is die duo as algehele wenners by die Gauteng SASJ Challenge aangewys. Middel Augustus het hul uitstekend presteer tydens die “Maple Ridge Graded and Recreational Jumping Show”.

Eerste plek vir Elizma du Preez en Dream by die Thoroughbred Series – Leg 2. Foto; HS OVervaal/Facebook

Elizma het met ’n 1ste én 2de plek weggestap. Sy is ook tans 1ste in Suid-Afrika en in Gauteng.

Die afgelope naweek het die duo weer geskitter by die  Thoroughbred Series – Leg 2.

In Fase 2 van die kompetisie het hulle ʼn eerste plek – Graded en ʼn eerste plek – Thoroughbred behaal en in die A2-kompetisie ʼn eerste plek – Graded en ʼn tweede plek – Thoroughbred behaal.

Elizma is tans ʼn Graad 11-leerder aan die Hoërskool Overvaal en die skool is met reg trots op haar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button