News

Twintig leerders in De Deur-botsing beseer

Die polisie ondersoek die oorsaak van die botsing.

DE DEUR – Twintig leerders het geringe beserings opgedoen toe ’n minibustaxi en ’n bus met leerders Dinsdag in De Deur gebots het.

Die beseerde kinders is ná die ongeluk deur nooddienste na ’n plaaslike kliniek geneem, waar hulle mediese behandeling ontvang het.

Geen sterftes is aangemeld nie.

Konst. Mampho Mahlomola, polisiewoordvoerder, sê die De Deur-polisie het ’n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen.

Die polisie ondersoek nog die omstandighede rondom die botsing en probeer vasstel wat in die aanloop tot die ongeluk gebeur het.

Mahlomola het motoriste ná die voorval gemaan om te alle tye waaksaam te wees en verkeersreëls na te kom om die veiligheid van alle padgebruikers te help verseker.

Die ondersoek duur voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button