Local newsNews
Transvalia se netbal trots
Veels geluk en sterkte aan HS Transvalia se o18-netbalspelers wat eersdaags aan die Fast 5 SA-kampioenskap gaan deelneem.
VANDERBIJLPARK – Hoërskool Transvalia se Yellow Ferns het die Sedibeng Fast 5 gewen en daarmee deurgedring na die Gauteng-kampioenskap. Hier het hul goed presteer en ʼn vierde plek behaal.
Hulle het in die proses gekwalifiseer vir die Fast 5 SA-kampioenskap wat van 25 – 26 September plaasvind.
Die Hoërskool het op hul Valia Netbal Facebookblad gesê: “Baie geluk aan elke speler en die afrigters met hierdie besondere prestasie! Ons is ongelooflik trots op julle.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!