Local newsNews

Onnies skryf handboeke vir Robotika en Kodering

'n Boer maak 'n plan, maar 'n onderwyseres maak twee. Dis wat twee van Laerskool D.F Malherbe se personeellede gedoen het.

VANDERBIJLPARK – Melanie Boucher en Cindy Koorts gee Robotika en Kodering by die Laerskool D.F. Malherbe. Cindy vir die juniors en Melanie vir graad vier tot ses.

Dié vak het eers onlangs kop uitgesteek en vir baie onderwysers is dit bietjie volksvreemd. Nie vir die duo nie. Terwyl daar nog nie handboeke vir die vak beskikbaar is nie, het hulle besluit om dit self te doen.

“Ons wou net ons eie werk makliker maak en dit vir die leerders gemakliker maak om die teorie te leer. Die huidige boeke is almal in Engels,” vertel hulle.

Alhoewel die opstel en skryfwerk van die handboeke groot werk was wat baie tyd in beslag geneem het, is beide bly hulle het dit gedoen. Robotika leer die kinders nie net basiese programmering en kodering nie, maar ook probleemoplossing.

Vanaf volgende jaar is die vak verpligtend vir alle graad 4’s en onderwysers het reeds opleiding ondergaan om die vak te kan aanbied.

“Die kinders geniet hierdie vak baie. Die kleintjies het eenmaal ‘n week robotika en die groter kinders twee keer per week. Hulle kan nie wag om die klas by te woon nie,” vertel Cindy.

Behalwe probleemoplossing, werk die kinders ook baie in groepsverband en leer hul meer van veiligheid op die internet en digitale burgerskap.

Hulle bou ook hul eie “robotte” (die graadeens het onlangs “troeteldiere” gebou) wat dan basiese bewegings moet kan uitvoer. Alles word van herwinbare materiaal gemaak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button