Familiedag bring geliefdes saam
Die familiedag het ’n kerkdiens, braai en regstreekse radio-uitsending ingesluit.
DE DEUR– Inwoners van Walking With Winners en hul geliefdes het onlangs tydens ’n gesellige familiedag saamgekuier.
Walking With Winners, ’n Christelike rehabilitasiesentrum in De Deur, het die geleentheid op Sondag 13 September by sy perseel in Balmoral Estates aangebied.

Familielede en vriende het om die braaivleisvure saamgekuier en die dag met samesyn, geloof en musiek gevier.
’n Spesiale kerkdiens is deur pastoor Dave Barber gelei, terwyl Tanya de Bruyn die lofprysing en aanbidding behartig het.
Die program is ook regstreeks deur MCR Radio uitgesaai.
Walking With Winners is in 2009 gestig en help mense om met ’n Christelike benadering van verslawing te herstel.

