News

Kom vier Erfenisdag saam op die Vaalrivier

Die opening van die bootseisoen wat oorspronklik op 5 September sou plaasvind, was weens slegte weer uitgestel, maar nou lyk dit of die weer mooi gaan saamwerk.

VANDERBIJLPARK – Die tyd vir groot pret het aangebreek. Hierdie Donderdag (Erfenisdag) is die amptelike opening van die Vaalrivier se 2026-bootseisoen.

Die organiseerders sê die nuwe datum bied ook die geleentheid om die dag in ’n Suid-Afrikaanse gees te vier, met bote, families en vlae op die rivier.

Inwoners word genooi om Erfenisdag saam op die rivier te vier.

Foto geneem tydens verlede jaar se flotilla. Foto verskaf deur by Rosemary Anderson.

Al die vorige reëlings is steeds in plek.

Die bymekaarkoms vir booteienaars is om 13:00 voor die Vaal River Lodge.

Al die bote sal dan saam in een groot vloot (flotilla) na die Baddrift-brug vaar, waar die bootseisoen om 14:00 amptelik oop verklaar sal word.

Die dag sal onder meer musiek, kinderpret, kompetisies en pryse insluit.

Vir meer inligting besoek www.vaalrivercommunity.co.za of stuur ’n e-pos aan infor@vaalcommunity.co.za.

  • ’n Geldige skipperslisensie is ’n vereiste, en bote moet aan veiligheids- en wetlike vereistes voldoen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button