Local newsNews

‘n Spesiale kuier op Wêreld-Alzheimersdag

Vir die inwoners van Siësta se eenheid vir verswakte bejaardes was Wêreld-Alzheimersdag 'n spesiale een waar hul lekker kon dans en inkleur.

VANDERBIJLPARK – 21 September is Wêreld-Alzheimersdag. Solidariteit Helpende Hand se Vanderbijlpark-tak het Huis Siësta se versorgingseenheid vir verswakte bejaardes besoek en ʼn paar uur saam met die inwoners wat aan demensie en Alzheimer se siekte ly spandeer.

‘n Mens kan sit en dans ook. Foto: Gerda Bruinette

Die span van Solidariteit Helpende Hand het die oggend se verrigtinge begin met musiek uit die 60’s en het dadelik ingeval en lekker gedans. Van die inwoners het spoedig saamgedans en hande geklap.

Toe Hound Dog van Elvis Presley opklink, het breë glimlagte verskyn. Die musiek was na aan hul hart, uit ʼn era toe hulle nog kon twist en tiekiedraai.

Na al die dansery, wat ʼn hele paar van die besoekers uitasem gemaak het, het almal nader geskuif na die tafels toe. Hier het elkeen ʼn cupcake ontvang en met ʼn verskeidenheid van eetbare blinkertjies, sterretjies en aangemaakte versiersuiker in helder blou, geel en pienk, kon elkeen ʼn cupcake versier en natuurlik ook eet.

Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak Voorsitter Johann Viljoen en Vaalweekblad joernalis, Gerda Bruinette konsentreer om hul prente in te kleur. Foto: Jaco Mienie

Almal het die tydverdryf baie geniet, selfs takvoorsitter Johann Viljoen en Vaalweekblad se joernalis het ingespring en ywerig hul cupcakes met versiersuiker bygedam. Na die ietwat taai, maar suikersoet kapperjolle, is daar rustig prente ingekleur.

Een tannie het die span ʼn paar maal bedank vir hul moeite en ʼn ander het, terwyl sy haar tweede prentjie in groen en geel tooi, verklaar: “Dit is die lekkerste dag in my lewe.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button