Local newsNews

Dokkies wen naelbytstryd

Hoërskool Dr. Malan het Saterdag Transvaliia se eerste krieketspan op Transvalia se tuisveld geklop.

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Transvalia en Hoërskool Dr. Malan se eerstespanne het mekaar Saterdag op Transvalia se krieketvelde aangedurf. Dit was die laaste wedstryd van Rondte 4 van die Noord-Vaal Krieketliga.

Dr. Malan het eerste gekolf en het vroeg vier paaltjies afgestaan. AJ Els het egter vasgestaan en 84 lopies van 74 balle geslaan. Giangi Morrico het ‘n hele paar keer die bal vir ses oor die veld gemoker voordat hy met 38 lopies huis toe gestuur is. Dokkies is uitgehaal vir 271 lopies.

Transvalia se Declan Steinmann het ‘n goeie dag met die bal in hand gehad en 5 paaltjies geneem en 50 lopies afgestaan in sy 10 boulbeurte.

Hoërskool Transvalia se beste kolwer was Waldo Mclean, wat 60 van 72 balle geslaan het. Hulle het dapper die lopies opgestapel, maar hul laaste paaltjie het in die 47ste boulbeurt gekantel met hul telling op 208 lopies. Dokkies wen met 63 lopies. AJ Els is as speler van die wedstryd aangewys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button