
SASOLBURG – Gewapende verdagtes het vanoggend op ’n geldwa in Sasolburg losgebrand.
Volgens voorlopige inligting het twee verdagte voertuie die geldwa geagtervolg. Een van die voertuie is later in Minnaarstraat naby Langeberg gevind.
Drie gewapende verdagtes het glo die voertuig verlaat en te voet gevlug.
Minnaarstraat tussen Lombard- en Leeukopstraat is gesluit terwyl forensiese beamptes die toneel ondersoek.
Die polisie ondersoek tans die transitorooftog.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
