News
Agt Knights-spelers vir Valke se Plattelandspan gekies
Meyerton stuur agt spelers én ’n afrigter na die Noordvaal Plattelandweek.
MEYERTON – Agt spelers van die Meyerton Knights-rugbyklub is gekies vir die Valke se Plattelandspan wat van 23 tot 26 September aan die Noordvaal Plattelandweek in Modimolle deelneem.
Hulle is Johan Grobler, Danie Hattingh, Hardus Terblanche, Grant Roodt, Dian van den Berg, Sheldon Rivabella, Renier Boshoff en Ruvo du Preez.
Die Knights se voorspelersafrigter, Tiaan Kellerman, is ook deel van die afrigtingspan.
Die Valke het hul voorbereiding Maandagaand met ’n kapteinsoefening in Heidelberg afgesluit.
Hulle pak die gasheer, Limpopo Waterberg, Woensdag om 19:00 op Hoërskool Nylstroom se veld.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
