News

Axel, afgelaai en vergeet

Ondanks sy verlede het die pyn van agtergelaat wees, nie klein Axel se lewenslus gedemp nie.

VANDERBIJLPARK – Dis moeilik om te glo dat iemand ‘n hondjie soos Axel sommer net kon vergeet.

Hierdie spelerige Jack Russell-kruising het ‘n reuse persoonlikheid en ‘n hartjie wat oorloop van liefde. Boonop is hy ‘n pragtige hondjie wat sommer vinnig aandag trek.

Sy vorige eienaar het hom na Vaalpets geneem met die versoek dat hy net vir een nag bly terwyl “persoonlike probleme” uitgesorteer word.

Dié eienaar het egter nooit weer teruggekeer nie.

Axel is ‘n liefdevolle klein Jack Russell-kruising.

So het ‘n tydelike blyplek Axel se nuwe werklikheid geword.

Vandag wag hy nog steeds by Vaalpets op ‘n eienaar wat hom ‘n permanente, liefdevolle heenkoms sal bied.

Axel word beskryf as ‘n hondjie wat maklik met ander honde vriende maak.

“Hierdie soet hondjie verdien ‘n huis waar hy met liefde oorstroom sal word. Hy het ‘n eienaar nodig wat nie beloftes verbreek nie en vir hom sal wys hy was wél die moeite werd om voor terug te kom,” sê Vaalpets.

Indien daar iemand is wat aan hierdie vereistes kan voldoen en Axel graag wil aanneem, kontak:

Hayley: 072 412 9923

Andey: 079 140 3041

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button