D.F ondersteun SPCA
Laerskool D.F Malherbe se leiers het gister die DBV besoek en hulle het nie met leë hande opgedaag nie.
VANDERBIJLPARK – Die Laerskool D.F Malherbe se leiers het die derde kwartaal op ʼn hoë noot afgesluit. Die skool het die laaste paar weke ywerig honde- en katkos versamel.
Gister was die groot dag. Die span is met groot opgewondenheid die kos gelaai en na die DBV in Vereeniging geneem.
By die DBV het hul nie net die kos afgelaai nie, maar is ook op ʼn toer deur die perseel geneem om al die honde en katte te sien.
D.F sê: “So baie dankie aan ons DF-gemeenskap, wat hulle harte en beursies oopgemaak het, vir ons derde kwartaal se uitreikprojek na SPCA Vereeniging & Vanderbijlpark.
“Julle bydraes was oorweldigend en saam het ons vandag ‘n groot verskil gemaak in hierdie vierpotige lewens. Ons harte (en die diere s’n), loop oor van dankbaarbaarheid en ons is trots op ons DF-familie.”