News

Gauteng haal 69 onpadwaardige taxi’s van die pad

Die departement het ’n duidelike waarskuwing aan taxi-operateurs met onpadwaardige voertuie gerig.

GAUTENG – Die Gautengse Vervoerinspektoraat sê hy het tussen 14 en 20 September altesaam 69 minibus-taxi’s as onpadwaardig verklaar en nog 19 geskut omdat hulle nie aan minimum veiligheidsvereistes voldoen het nie.

Volgens die Gautengse departement van paaie en vervoer het beamptes ook 70 taxi’s sonder geldige lisensieskyfies en 104 bestuurders sonder geldige bestuurslisensies aangetref. Die operasie is saam met die Padverkeersbestuurskorporasie en ander wetstoepassingspanne op besige taxiroetes uitgevoer.

Foute aan voertuie het gebrekkige remme, verslete bande en stukkende ligte en flikkerligte ingesluit. Beamptes het 1 496 AARTO-boetes uitgereik en vyf mense in hegtenis geneem: drie in verband met omkopery en twee ingevolge die Immigrasiewet.

Kedibone Diale-Tlabela, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, sê bestuurders en voertuie wat nie aan die wet voldoen nie, sal van die paaie verwyder word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button