NWU buig die knie teen CBC
Die Suid-Gauteng Hokkievereniging (SGHA) Vroue Premierliga-wedstryd is Sondag (20 September) op VUT se astrobaan gespeel.
VANDERBIJLPARK – ’n Harde stryd het in ’n teleurstellende nederlaag vir NWU se eerste vrouespan geëindig in hul laaste wedstryd van die seisoen teen CBC.
Die NWU dames het alles op die veld gelaat en tot die finale fluitjie baklei.
CBC het die enigste doel van die eerste helfte aangeteken, maar NWU het na rustyd met nuwe mening teruggekom. Hulle het sake gelykgetrek met 1-1.
Ongelukkig het ’n paar foute in die verdediging hulle duur te staan gekom toe CBC twee keer teruggeslaan het om die wedstryd 3-1 te beklink.
Dit is nie die einde waarop die span gehoop het nie, aangesien hierdie uitslag beteken dat hulle na ‘n laer liga (SGHA Vroue-liga 1) sal skuif.
Die dames neem nou ’n welverdiende breek voordat die fokus na volgende seisoen verskuif en die span weer terug na die Premierliga probeer opskuif.
NWU bedank elke speler, afrigter en ondersteuner wat die span vanjaar getrou ondersteun het.
Nog aksiefoto’s in Vrydag se Vaalweekblad.
FOTO’S: Elsje Vermeulen






