News

Destinata-leerders samel voorraad vir Vaal Pets in

Destinata se graad 7-leerders het kos en ander benodigdhede vir Vaal Pets ingesamel.

MEYERTON -Graad 7-leiers van Destinata Skool het hondekos en ander benodigdhede vir Vaal Pets ingesamel. Die organisasie het die skool op Maandag 21 September besoek om die skenkings in ontvangs te neem en ses van sy honde saamgebring.

Volgens Hayley Dreyer, departementshoof by Destinata, het die leerders ook leibande, beddegoed, hondekoekies en warm hondejassies bymekaargemaak. Die projek het die leiers ’n geleentheid gegee om geld en voorraad vir ’n liefdadigheidsorganisasie in te samel en te leer om aan hul gemeenskap terug te gee.

Tihana Joubert van Destinata saam met Maveric, een van Vaal Pets se honde wat die skool besoek het. Foto: Christiaan Cloete

Vaal Pets bedryf ’n diereskuiling by Kaalplaats, sowat 15 km buite Vanderbijlpark, waar ongeveer 200 honde gehuisves word. Die organisasie red, rehabiliteer en hervestig honde in die Vaaldriehoek. Dit verskaf ook kos aan diere n Bophelong en ander minderbevoorregte gebiede van Vanderbijlpark.

Hayley Botha, direkteur van Vaal Pets, sê die skoolbesoek het leerders ook die  geleentheid gegee om te leer hoe om honde met sorg te hanteer. Sy hoop dat die ontmoeting sommige leerders sal aanmoedig om met hul gesinne oor aanneming te praat.

Onder die honde wat die skool besoek het, was een wat volgens Vaal Pets ná ernstige mishandeling gekonfiskeer is, en ’n ander wat ingeneem is nadat sy eienaars oorlede is.

“Ons gee nie moed op met honde nie,” sê Botha.

Vaal Pets sê skenkings van kos, asook die hulp van borge en vrywilligers, is nodig om sy honde en die diere op sy voerlys te versorg.

Rayn Ludik van Destinata saam met Aspen, een van Vaal Pets se honde. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button