Local newsNews

Mckenzey Minnaar – ’n kaptein wat voorloop

Mckenzey Minnaar se liefde vir krieket kom haar goed te staan op die veld. Sy vaar nie net goed met bal en kolf nie, sy is 'n goeie leier.

VANDERBIJLPARK – Wat ’n besondere krieketervaring vir Mckenzey Minnaar, wat die O/11 Sedibeng & South-span verteenwoordig het en die groot voorreg gehad het om haar span as kaptein te lei.

Mckenzey het gewys dat sy nie net ’n leier is nie, maar ook ’n jong veelsydige krieketspeler, wat met kolf én bal ’n verskil kan maak.

Een van die absolute hoogtepunte was haar uitstekende beurt van 50 lopies van net 32 balle. Sy het 8 viere en 1 ses geslaan en met ’n indrukwekkende tref tempo van 156.25 geëindig. Nadat sy haar vyftigtal bereik het, het sy “Retired Not Out” van die veld gestap.

Met die bal het sy ook belangrike paaltjies geneem. In een wedstryd het sy 1 paaltjie vir 10 lopies in 2 boulbeurte geneem en in ’n ander, het sy ’n uitstekende 1 paaltjie vir net 5 lopies in 1 boulbeurt aangeteken – met 5 kolballe in daardie boulbeurt.

Mckenzey het in ’n ander kolfbeurt, ’n vinnige 5 lopies, van net 3 balle aangeteken, met ’n tref tempo van 166.67.

Om op hierdie jong ouderdom die (c) langs jou naam te dra, beteken verantwoordelikheid. Dit beteken jou spanmaats kyk na jou vir leiding. Jy moet besluite neem, jou span aanmoedig wanneer dinge moeilik raak en steeds jou eie, beste krieket, probeer speel. En dit is presies wat Mckenzey gedoen het….

Van paaltjies neem, tot haar 50-tal, van haar span lei tot elke keer weer met trots in die blou-en-geel uitrusting op die veld stap – hierdie is herinneringe wat sy nog baie lank gaan onthou.

Wie weet waarheen daardie blou-en-geel kriekethelm haar nog gaan neem? Baie geluk, McKenzey….Ons DF-harte loop oor van trots – hierdie is maar net die begin van jou krieketstorie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button