Local newsNews
Krugerlaan Trio gekies vir Lions LSEN krieket
Provinsiale krieketspanne speel van 26 - 30 September in die Cricket South Africa National LSEN Cricket Tournament in die Paarl.
VEREENIGING – Drie Krugerlaanskool leerders is gekies vir die Gauteng LSEN Lions krieketspan. Die drie was vandag deel van die span wat hul spanpette ontvang het.
Taylor Stanford, Daniel Malan en Pieter Ackerman gaan die Gauteng LSEN Lions verteenwoordig by die Nasionale SA LSEN Kriekettoernooi.
Die skool sê: “Ons is ongelooflik trots op julle en vier hierdie besondere prestasie saam met julle. Mag julle elke oomblik geniet en met selfvertroue en vasberadenheid speel. Ons wens julle alle voorspoed en sukses toe — gaan maak ons trots!”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
