Hoekies kraai koning op kriekettoer
Hoërskool Driehoek se meisies mag maar krieket speel. Hulle het verlede week 'n toer na Potchefstroom onderneem en al hul wedstryde gewen.
VANDERBIJLPARK – Hoërskool Driehoek se eerstespan-dogters-krieket het verlede week drie wedstryde op toer gespeel en al drie gewen.
Die toer is afgeskop met ʼn oortuigende oorwinning oor Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom.
Donderdag het hul teen Hoërskool Lichtenburg te staan gekom. Lichtenburg het eerste gekolf en almal is uitgehaal vir 69 lopies. Die Hoekies het die verlangde 71 lopies in 9 boulbeurte aangeteken en met 9 paaltjies gewen.
Vrydag het hul, hul toer afgesluit met ʼn T20-wedstryd teen die Dragons Junior Cricket Academy (DJCA) in Potchefstroom.
Die Hoekies het eerste gekolf en 142/6 in hul 20 boulbeurte aangeteken. Hierna het hul DJCA uitgehaal vir slegs 35 lopies in 13.4 boulbeurte. Die Hoekies en met 107 lopies.
Die skool sê: “Ons is HOEKIE-trots op elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel was van hierdie toer. Julle het gewys wat spanwerk kan vermag! Baie geluk, dogters! Julle het Hoërskool Driehoek se naam met trots gedra!”