Jerry Fowlds sterk baie goed aan
Hettie Fowlds het die goeie nuus gedeel dat haar pa, Jerry se gesondheid verbeter het.
MEYERTON – Jerry Fowlds het vir dekades ‘n positiewe impak op baie leerders se lewe gehad as onderwyser, maar ook as mens. Sy positiewe ingesteldheid het nog altyd almal om hom geïnspireer.
Ten spyte van gesondheidsprobleme wat die amputasie van sy been genoodsaak het in Julie, het hy steeds ‘n glimlag vir almal om hom.
Die goeie nuus is dat Jerry tans in ‘n rehabilitasiesentrum is. Alhoewel ‘n skandering gewys het dat hy ‘n bloedklont het, vorder sy rehabilitasie baie goed.
Sy dogter Hettie sê as alles goed gaan, behoort haar pa 24 Oktober ontslaan te word. Sy sê mense is welkom om haar pa te besoek.
Hy waardeer elke besoeker baie. Hy is tans in Netcare Rehabilitation Centre, Auckland Park. Love Ward, derde vloer, kamer 7. Besoektyd is daagliks van 10:00 – 18:00.
