Local newsNews

Leomand gekroon as SA Kids Gholfer van die jaar

'n Blink toekoms wag op die jong gholfspeler wat al vir vier jaar opslae maak in gholftoernooie. Geluk Leomand. Trots op jou!

VANDERBIJLPARK – Leomand Jacobs het behoorlik die toekennings ingeryg by hierdie jaar se SA Golf Kids se prysuitdeling.

Hy is aangewys as die Algehele Seuns Gholfspeler van die jaar, Algehele Beste 18-Gaatjie Speler en die Algehele Beste Stroke Average Wenner. Dan het hy hy ook die trofee ontvang vir die Beste Stroke Average vir Seuns 11-12 en het Algeheel derde plek gekry vir die meeste punte Seuns 11-12.

Leomand Jacobs met een van sy trofeës en sy nuwe Gholfspeler van die Jaar baadjie. Foto: Leomand Jacobs/Facebook

Sy oupa, die bekend Country sanger, Lion Jay, wat tans in die hospitaal is vir verdere chemoterapie en ‘n stamseloorplanting het ‘n video gedeel waar Leomand sy Gholfer van die Jaar baadjie ontvang en gesê:

As Oupa se hart uit sy bors wil klim….🙏🙏🙏❣️❣️“

Leomand het op sy Facebookblad gesê: “Wat ʼn ongelooflike jaar. Ek is dankbaar en geseënd om al hierdie toekennings te kon ontvang.”

Leomand het ook die borge en sy pa en afrigter, Armand Jacobs bedank vir al die opofferings en leiding wat hy hom gee. “Dankie vir die geloof in my en dat pa deel is van hierdie reis en my help om ʼn beter gholfspeler en mens te word.”

Leomand het in 2022 die eerste keer aan toernooie begin deelneem. Hy was toe maar 8 jaar oud. Sy liefde vir gholf kom egter al baie langer. Hy kon skaars loop toe begin hy al gholfballe slaan.

Plastiek speelgoed gholfstokke het nie vir hom gewerk nie. Een hou en die gholfstok was stukkend. Dis toe dat Armand en Chantél Jacobs besluit het om vir Leomond ‘n regte miniatuur gholfstel te koop.

Die res, soos hul sê is geskiedenis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button