News

Midvaal se vennootskappe bring kos en opleiding na gemeenskappe

Meer as 2 400 kospakkies is sedert 2022 aan behoeftige gesinne versprei, terwyl samewerking met die sakesektor ook opleidingsgeleenthede vir jongmense geskep het.

MEYERTON – Meer as 2 400 kospakkies is sedert 2022 deur die Midvaal-munisipaliteit se Spread the Love-program aan behoeftige gesinne versprei.

Midvaal se uitvoerende burgemeester, Peter Teixeira, het dit op 10 Oktober tydens ’n ontbyt met plaaslike ondernemings en gemeenskapsorganisasies gesê.

Volgens Teixeira het samewerking met ondernemings, nieregeringsorganisasies en opleidingsinstellings die afgelope vyf jaar ’n belangrike rol gespeel om maatskaplike uitdagings in Midvaal aan te pak.

Die Spread the Love-program verskaf sedert 2022 elke maand kospakkies aan behoeftige gesinne. Lynca Meats en Harvest Fresh is van die ondernemings wat die program ondersteun.

Teixeira het ook na die samewerking met Heineken Beverages verwys. Dit het gelei tot die opening van Midvaal se eerste vaardigheidsontwikkelingsentrum in Savanna City.

Die munisipaliteit het ook drie nuwe  met opleidingsvennote gesluit. Dit bied jongmense opleiding in bou- en siviele konstruksie, produksietegnologie en selfoonherstelwerk.

Onder die betrokke instellings tel Brightstone Academy, Meyerton Engineering, YAB Skills en die Vaal-Universiteit vir Tegnologie.

Teixeira het benadruk dat plaaslike regering nie alleen in gemeenskappe se behoeftes kan voorsien nie.

Hy het ondernemings, gemeenskapsorganisasies en ander belanghebbendes bedank vir hul bydrae tot die munisipaliteit se ontwikkelingsprogramme oor die afgelope vyf jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button