Local newsNews
Leonardo se prettige nuwe enkelsnit
Heidi is nou 'n influencer, Peter is te besig met die bokke en Trompie is verlief. Aldus Leonardo... Gaan luister gerus.
VANDERBIJLPARK – Sanger Leonardo het so pas ‘n nuwe enkelsnit, Trompie is verlief, vrygestel. Dit is pure pret. Dit vertel wat moontlik van geliefde karakters uit die 90’s geword het. Van Trompie tot by Heidi.
Dis ʼn lekker luisterliedjie wat jou vir ʼn paar minute van die petrolprys, leeus in Meyerton, krokodille in die Vaalrivier en alle slegte nuus laat vergeet. Leonardo yodel lekker. Dis ‘n saamsing, lus vir sokkie liedjie wat almal kan geniet.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!