Vrou vertel self hoe sy deur SAPD-lid verkrag is
Die identiteit van sekere betrokkenes word weerhou hangende die beskuldigde se pleit in die hof.

VANDERBIJLPARK – Nadat Vaalweekblad berig het oor ‘n 20-jarige vrou van die dorp wat beweer dat sy deur ‘n plaaslike dokter verkrag is, het nog ‘n inwoner na vore gekom om haar skokkende ondervinding te deel.
Sy is egter nie deur ‘n dokter verkrag nie, maar glo deur ‘n lid van die plaaslike SAPD. Dit is sekerlik die toppunt van verraad: om by iemand aan te klop vir hulp, net om deur die einste persoon verkrag te word.
Die vrou het by die polisie aangeklop om ‘n beskermingsbevel teen haar voormalige verloofde te kry.
“Ek het die beskermingsbevel op 13 Desember 2022 na die Vanderbijlpark-polisiekantoor geneem en hulle gevra om te help om dit aan hom te beteken.”
Daar is egter vir haar gesê dat hulle baie besig is. Sy is gevra om later terug te kom sodra die nagskof aan diens tree, aangesien dit dan glo stiller sou wees.
Sy het omstreeks 18:30 na die polisiekantoor teruggegaan.
“Buite die polisiekantoor het ek ‘n wit polisiebeampte in uniform teëgekom en gevra of hy my kan help. Hy het gesê hy moet eers goedkeuring by die stasiebevelvoerder kry vir ‘n polisievoertuig en ‘n tweede beampte om saam te gaan,” vertel sy.
Kort daarna het hy saam met ‘n tweede beampte gesê dat hulle haar sou volg na die woning in Hendrik van Eck-boulevard waar die bevel beteken moes word.
“By die woning het ek egter opgemerk dat die polisievoertuig nie daar is nie, maar wel ‘n private grys SUV. Dit was steeds dieselfde polisiebeampte, in sy SAPD-uniform, gewapen en aan diens,” vertel sy.
Die beskermingsbevel kon nie direk aan haar eks-verloofde oorhandig word nie, maar sy kleinseun het dit namens hom in ontvangs geneem.
“Die polisiebeampte het my gevra of hy gou in my gedeelte van die woonstel op die perseel ‘n paar aantekeninge kan maak.”
Nadat hy klaar was met sy aantekeninge, het hy haar onverwags ‘n drukkie gegee.
“Ek het ongemaklik gevoel, maar gedink hy kry my maar net jammer. Maar toe begin hy aan my borste vat.”
Sy het hom gevra om te loop omdat sy baie moeg was. Toe gebeur die ondenklike.
Haar weergawe van gebeure
Op pad na die voordeur het hy my by die gimnasiumkamer ingetrek en op ‘n oefenbank vasgedruk. Hy het my sweetpakbroek afgetrek en sy hand van agter af hard ingeforseer in my vagina.
Ek was lam van skok en het nie die krag gehad om hom van my af te kry nie. Ek het gesien hoe masturbeur met sy ander hand.
Na hy geëjakuleur het, het hy my gesig in sy geslagsdele gedruk en gesê ek moet die suig – ek het nie. Hy het sy broek opgetrek en sy hande gewas voordat hy gery het.
Ek het dadelik my mond met Listerine uitgespoel. Ek het die semen besmette sweetpakbroek en top uitgetrek en dit in die stort op die vloer gegooi.
Ek het nie geweet wat ek op daai stadium moes doen nie. Ek het nagklere aangetrek en slaap- en kalmeerpilletjies gevat en gaan slaap; wou net dit wat nou gebeur het, laat weggaan.
Die volgende oggend, 14 Desember 2022, kon ek die gebeure nie uit haar kop kry nie. Ek het die besmette kledingstukke in ‘n sak gegooi en is terug polisiestasie toe.
Die keer is ek deur ‘n vroulike polisiebeampte gehelp.
‘n Dossier is oopgemaak en die polisiebeampte het my gevra om nie die saak te laat vaar nie, aangesien die betrokke polisiebeampte dit glo al ‘n vorige keer gedoen het.
Die betrokke beampte en sy vrou het my intussen versoek om die saak terug te trek. Ek het geweier.
