Local newsNews

Vories help groente plant

Die Orion Voortrekkers is 'n parate groep jongmense wat alles met oorgawe aanpak. Onlangs het hul in 'n groentetuin gaan werk.

VANDERBIJLPARK – Die Orion Voortrekkers het Saterdag besoek afgelê by die Rita Benecke agriprojek. Die projek is al etlike jare aan die gang en die groente wat hier geoes word is van uitstaande gehalte.

Agter is Michael van der Wath. Voor: Daniël van Helden, Luan van Schalkyk en Hanno Hattingh besig om plantjies te plant. Foto verskaf Andries Visagie

Alles is organies. Die Voortrekkers het met hope energie die dag aangedurf. Hulle het baie geleer oor organiese groentetuine. As deel van hul gemeenskapsdiens het hul ook ingespring en ywerig uiesaadjies en nuwe spinasieplantjies geplant.

Johannes van Helden en Hanno Hattingh. Foto verskaf Andries Visagie

Die groep het die dag baie geniet en daar mag dalk net ‘n groenteboer of twee uit hul geledere opstaan.

Die Orion Voortrekkers saam met Alice de Jager (agter tweede van links). Foto: DIe Orion Voortrekkers/Facebook
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button