News

Bok-Volla bring weer rugbygees na Meyerton

Met horings, vlae en hope Bok-trots is dié Volla gereed vir vanaand se kragmeting by die Stade de France in Parys.

MEYERTON – Springbokkoors loop weer hoog, en langs Jim Fouchéweg staan Louis van Niekerk se Bok-Volla gereed om die Bokke te ondersteun.

Die 1974 Volkswagen Beetle is veel meer as net ‘n ou motor. Met sy groen-en-goud-bakwerk, Springbokhorings, landsvlae en ‘n Wêreldbeker op die enjinkap is dit ‘n huldeblyk op wiele aan Suid-Afrika se geliefde rugbyspan.

Louis, ‘n afgetrede staalwerker wat die motor in 2005 vir R10 000 gekoop het, het dit in 2006 self in die unieke Bok-Volla omskep. Die projek het sowat twee maande geduur.

Vir hom is die motor ‘n manier om sy liefde vir die Springbokke en Suid-Afrika met ander te deel.

“Die Bok-Volla is nie net ‘n motor nie. Hy vergestalt my liefde vir die Springbokke en my liefde vir Suid-Afrika,” het Louis vroeër aan Vaalweekblad gesê.

Wanneer die Bokke vanaand speel, is Louis se ondersteuning op vier wiele reeds gewaarborg.

Die wedstryd skop vanaand om 22:10 (Suid-Afrikaanse tyd) af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button