News

Voyager 1 bereik ’n ligdag van die aarde

Ná byna 49 jaar in die ruimte is Voyager 1 op die drumpel van ’n besonderse afstandsmylpaal.

WASHINGTON – Voyager 1 sal na verwagting op Woensdag 18 November om 12:16 Suid-Afrikaanse tyd ’n afstand van een ligdag vanaf die aarde bereik – ’n mylpaal wat geen ander mensgemaakte voorwerp nog behaal het nie.

Die ruimtetuig sal dan sowat 25,9 miljard km van die aarde af wees. 

’n Sein wat teen die spoed van lig gestuur word, sal ongeveer 24 uur neem om Voyager 1 te bereik. 

’n Antwoordsein sal nog sowat 24 uur neem om terug te kom. 

’n Ligdag is die afstand wat lig in 24 uur aflê. 

Voyager 1 is in 1977 gelanseer en reis nou deur die interstellêre ruimte.

Volg Voyager 1 se reis hier en sien waar die ruimtetuig tans is, hoe ver dit van die aarde af is en hoe lank ’n radiosein neem om dit te bereik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button